Milk Essay June 2010

Nico Fouché

Melk SA

gaan van krag tot krag

Melk SA Raad

Ontmoet die Melk SA Raad. Van links is Nico Fouché, HUB, Godfrey Rathogwa, Dèan Kleynhans, Matane phahlele (adv), Willie Prinsloo (voorsitter), Frik Grobler (agter Willie), Melt Loubser, Alwyn Kraamwinkel, Bertus de Jongh (Afwesig: Mike Black)

Met Melk SA tans in sy agste bestaansjaar, is daar geen twyfel nie, dat dié organisasie sy mandaat op ’n hoë standaard ten uitvoer bring. As administrateur van statutêre regulasies, dra Melk SA sorg dat relevante instansies en/of persone by Melk SA registreer, maandelikse inligting verstrek en heffings betaal.

Dit is voorts ook Melk SA se plig om die doelstellings van die regulasies optimaal te laat slaag. Melk SA se direksie het strukture, beleid en prosedures in plek gestel om dit moontlik te maak. Advieskomitees bedien die direksie met die nodige advies aangaande nuwe projekaansoeke en lopende projekte, terwyl daar ook verskeie werkskomitees en taakspanne bestaan om aandag aan dringende aktiwiteite te skenk.

Die suiwelbedryf kom eerste

Die doelstellings en projekte van Melk SA is daarop gerig om die internasionale mededingendheid van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf te bevorder. Enkele voorbeelde in hierdie verband is:

  • Televisie- en ander advertensies vestig sedert 2009 die publiek se aandag op die voedingkundige waarde van suiwelprodukte, terwyl spesiale boodskappe in hierdie verband by spesialiste soos medici, dieetkundiges en aptekers tuisgebring word. TV-advertensies is nasionaal bekroon en geniet ook internasionale erkenning. Besoek gerus www.dairy.co.za
  • Duisende melkmonsters word in samewerking met munisipale owerhede getrek en ontleed, met remediërende aksie wat daarop volg om melkgehalte reg te stel; vennootskappe en verhoudings is met die Departemente van Gesondheid en Landbou, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en ander instansies gesmee om ernstige oortredings wetlik aan te spreek.
  • Die Memorandum van Verstandhouding ("MoU") wat met die Landbounavorsingsraad gesluit is om navorsingskapasiteit te hervestig; die jongste opname en openbare bekendmaking van bestaande navorsingskennis; en die rigtinggewende leiding in terme van navorsingsprioriteite wat onlangs in 'n spitsberaad bevestig is; en melkaantekeningdata wat eersdaags in bruikbare streeksinligting omskep sal word.
  • Melk SA se bedryfsinligtingsprodukte is aansienlik verryk met waardevolle inligting vir elke rolspeler in die suiwelbedryf. Statutêre inligting (deur middel van maandelikse opgawes) en inligting wat van SAID, die Departement van Landbou, die Internasionale Suiwelfederasie, IFAP en ander instansies bekom word, word in Suiwelsomme / Dairy Digits (maandeliks), die Suiwelbedryfsoorsig / Dairy Industry Review (kwartaalliks) en Lacto Data (ses-maandeliks) gepubliseer. Besoek www.milksa.co.za vir meer oor hierdie publikasies.
  • Aan die administratiewe kant gaan dit ook klopdisselboom, met 350 rolspelers wat by Melk SA geregistreer is en waarvan die oorgrote meerderheid hul opgawes en statutêre heffings gereeld indien en betaal. Prima facie-bewyse en getuienis van "nuwe" rolspelers wat aan die regulasies moet voldoen, word opgevolg.

Die sukses van Melk SA is te danke aan elke rolspeler wat die regulasies nakom; die direksie van Melk SA wat die projekte strategies posisioneer en noukeurig monitor; en die lede van die maatskappy naamlik die Melkprodusente-organisasie (MPO) en die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (SAMPRO) wat die breë strategiese rigting bepaal. DD

Transformation in

the dairy sector

People ought to understand what Black Economic Empowerment (BEE) is all about, and accept that it can be implemented for their own benefit, but also to the benefit of the whole country and its economy, says Godfrey Rathogwa, transformation manager at Milk SA.

Economic empowerment is crucial in any economy, and a thriving economy is dependent on the levels of competence of its people. So, given the ultimate goal of economic growth and development, the critical strategy will be to empower people in terms of skills and development.

This was the backdrop against which a BEE workshop was recently presented by Milk SA.

"The main purpose of this workshop," explains Godfrey, "was to identify the challenges facing the implementation of transformation in the dairy sector. The workshop also hoped to identify the opportunities that need to be utilised in order to drive transformation in the dairy industry."

Who are the players?

"We believe that Milk SA is but one of a number of central role players in the industry. Without the contributions of the other role players, our efforts would make very little difference. So we identified what was expected of the various role players that we identified. "Some of the role players with equally important contributions to make, are the national and provincial departments of agriculture, milk processors, milk producers, emerging farmers, banks, the Department of Health and the Dairy Standard Agency – to name but a few."

Assessing the situation

The first step, he says, is to assess the true situation in the dairy industry. "We have sent questionnaires to commercial milk producers, asking them to give us feedback on issues such as the employment situation and to what extent they are implementing BEE elements. In addition we are trying to get more information from the provinces in an attempt to determine who is involved in the dairy industry, either as producers, processors or even transporters of milk."

Feedback from this as well as from the recent workshop, will assist the Milk SA Board of Directors to put together a transformation strategy.

"Milk SA," he promises, "will provide leadership and co-ordinate activities that will lead to meaningful transformation through activities such as the mentoring and skills development of candidates. Some 20% of the income out of the statutory levy received by Milk SA, is earmarked for skills development and mentoring programmes, as well as facilitating access to the market, where necessary." DD

Melk SA Raad

Ephraim Mbele of Harrismith in the Free State, is a shining example of how transformation can change lives. Ephraim was also the 2007 Emerging Dairy Farmer of the Year (Photograph by Fidelis Zvomuya)

Uitvoervereistes

geniet aandag

Melk SA se Uitvoersertifiseringswerkgroep hou sedert Januarie 2009 gereelde vergaderings met die Departement van Landbou se Direktoraat: Veeartsenykundige Dienste, en die Departement van Gesondheid, om alle aspekte wat verband hou met vereistes vir suksesvolle uitvoere, aan te spreek.

Prioriteit-aandag word geskenk aan daardie aspekte wat in plek gestel moet word om te voldoen aan die Europese Unie se vereistes, hoewel uitvoervereistes ten opsigte van ander markte ook aandag kry. Melk SA beskou hierdie saak in 'n ernstige lig, veral in die lig van die SA-EU kaasooreenkoms wat enige oomblik in werking kan tree. Die bogenoemde departemente is die suiwelbedryf positief gesind, hoewel die reaksie op besluite nie vinnig genoeg geskied nie.

Op die agenda

Sake waaraan daar tans aandag gegee word in terme van EU-sertifisering, is die inwerkingstelling en finansiering van ’n chemiese residu-moniteringsplan; harmonisering van pligte waarvoor die twee departemente verantwoordelik is; harmonisering van standaarde soos toegepas deur veterinêre outoriteite in die onderskeie provinsies; bewegingsertifikate en bespoediging van die uitvoerregistrasie van verwerkingsaanlegte.

Wat uitvoere na ander lande betref, word inligting tans ingewin oor hulle onderskeie protokols, waarna bepaal sal word of daar enige onregmatige invoerbeperkinge op Suid-Afrika geplaas word en watter ander aspekte in plek moet kom om aan hul vereistes te voldoen.

Tydens 'n onlangse vergadering met die twee departemente is besluit om ’n nasionale taakspan op die been te bring om die genoemde uitstaande sake aktief en pro-aktief aan te spreek. Daar sal moontlik ook taakspanne op streeksbasis gevestig word om sekere verantwoordelikhede te delegeer.

Invoermonitering

Melk SA se Invoermoniteringswerkgroep vergader gereeld (daar word gepoog om maandelikse vergaderings te hou) om die jongste invoerbewegings te monitor en te bepaal of die situasie ten opsigte van enige suiwelproduk, enige van die amptelike remedieë regverdig. Invoerpryse en -hoeveelhede word gemonitor.

Hoewel langlewe melk die grootste deel van invoere uitmaak, is pryse waarvoor dit op die rak aangebied word, meestal vergelykbaar met plaaslike produkte en verteenwoordig die invoervolumes baie lae persentasies van die plaaslike melkproduksievlakke.

Die Suid-Afrikaanse bedryf is sedert 2008 'n netto-uitvoerder van langlewe melk en die gemiddelde uitvoerrealisasie vir Suid-Afrika, is hoër as die pryse wat plaaslik gerealiseer word vir ingevoerde langlewe melk. In 2009 het totale suiweluitvoere invoervolumes oortref. Daar is dus nie tans 'n saak uit te maak vir ekstra invoerbeskermingsmaatreëls nie. DD

Training projects

for 2009 / 2010

Melk SA Raad

SAMPRO Training, a division of the South African Milk Processors’ Association, has two different types of training material available. This division is responsible for the execution of Milk SA’s training projects in the secondary industry sector. A total of 94 'formal' modules are registered with the South African Qualifications Authority, SAQA, and are available in Afrikaans and English. Another 68 of an intended 75 coaching manuals, which are manuals approved by Milk SA, are arranged into eight different programmes.

Powerpoint presentation summaries are available for all the so-called formal modules. These presentations are mainly for the use of instructors. A total of 55 posters are also available for illustrative use during training. Very good news, according to Gerhard Venter, head of SAMPRO Training, is that a comprehensive DVD has been completed and is now available. The DVD was recorded in actual factory settings and is divided into three parts covering (a) Good Manufacturing Practices; (b) Cleaning and Sanitising, and (c) Personal and Food Hygiene and Safety.

Projects for 2010

A number of projects have been registered with Milk SA for 2010, says Gerhard. "Only a small number (seven) of the coaching manuals will be developed and translated, specifically for cottage cheese manufacturing assistants. We are placing the further development of DVDs (21 have been identified for development over the next three years) on hold due to lack of funds, but we have not forgotten them. They will all be process-based and have already been approved by the advisory committee."

The most challenging project they have embarked upon, according to Gerhard, is the conversion of current qualifications from a unit standards based format (which may be regarded by some as a fragmented approach, especially when it comes to assessment) to an occupational profile based format.

A new approach?

"In reality, this is a move back to the format deployed in the days of the Dairy Industry Training Board, which was essentially apprentice type training and assessment. We have registered the occupation of 'Dairyman' on the organising framework for occupations (OFO) and are busy developing occupational profiles and learning designs for some ten speciality areas within 'Dairyman'.

"A nominated grouping of experts – the Constituency Group – and selected subject matter experts – the so-called Community of Expert Practitioners, which include cheese, powder and yoghurt makers – are intimately involved in workshops and consultations to guide us through this process. We are on track in our efforts to ensure that new qualifications will be available to replace the existing ones in 2012."

Gerhard stresses the fact that the learning content will not differ, only the approach to provision and assessment will change. The training manager, he explains, continues to represent the secondary dairy industry on statutory skills development structures.

"A round of selected on-site visits to disseminate information on the availability and use of our learning materials, will soon be getting under way."

Involvement in tertiary education

Both new and and existing students (from 2009) are progressing well at all five the tertiary institutions where bursaries for 2010 were awarded. These include both Milk SA and FoodBev SETA bursaries. The tertiary institutions are the University of Stellenbosch; Cape Peninsula University of Technology; University of the Free State; University of Pretoria; and Northwest University. “What is worrying though," Gerhard points out, "is that these students were not very well accommodated by the industry when it came to holiday and/or experiential learning during 2009. The industry is investing substantial amounts of money in these students, but the latter do not exit their learning institutions fully prepared to move into the job market. There is nowhere else for them to gain sufficient experience than in the industry itself."

Visit the website

The process of loading the learning materials onto a special page on the web (www.sampro.co.za) has been completed. When accessing the website, use the 'Contact us' button to register and obtain a PIN number in order to gain access to the restricted pages.

"This PIN will be for a specific person in your enterprise and is connected to an e-mail address. Certain parts of the website are continually updated, which may make it unavailable for short periods of time. However, the section from which learning materials can be downloaded, is fully operational.

"PIN numbers may only be registered for Milk SA levy payers. These materials can still be ordered from SAMPRO, but this takes time, as we do not have stock on hand. All materials will only be available in PDF-format, meaning that you should have the latest Adobe Acrobat reader installed on your computer to be able to read it." DD

Suiwelnavorsing

kry momentum

Melk SA Raad

Dr Jan Floor (links) en Gerhard Venter van SAMPRO Training, druk in gesprek tydens die suiwelnavorsingsberaad

Een van die grootste hoogtepunte in die suiwelbedryf het hom afgespeel toe navorsers en bedryfsleiers op 30 en 31 Maart 2010 ’n spitsberaad oor suiwelnavorsing in Pretoria bygewoon het.

Die spitsberaad was ’n uitvloeisel van die lank-gekoesterde ideaal om binne die georganiseerde struktuur van Melk SA, leiding te gee in terme van navorsingsprioriteite wat die strategiese doelstellings van die georganiseerde suiwelbedryf sal bevorder.

Die strategiese doelstellings is om die mark vir melk en ander suiwelprodukte te verbreed; internasionale mededingendheid van die suiwelbedryf te bevorder; en voorheen- benadeelde individue en gemeenskappe te bemagtig. Melk SA is in terme van statutêre regulasies verplig om 'n fasiliterende rol te speel om hierdie ideaal en doelstellings te bevorder.

Navorsing tot op hede

Tot dusvêr was navorsing op ongekoördineerde wyse en dus sonder leiding van die georganiseerde bedryf gedoen. Navorsing is meestal gedryf deur die beskikbaarheid van fondse, belangstellingsvelde van navorsers, staatsinisiatiewe en andere.

Die beraadgangers was dit eens dat Melk SA die pas moet aangee in hierdie verband. 'n Navorsingsforum is tydens die beraad gestig en sal ten minste jaarliks byeenkom om inligting met mekaar en die algemene suiwelgemeenskap te deel. Hierdie inligting sal fokus op navorsingsaktiwiteite en die doel is om seker te maak dat hierdie aktiwiteite steeds versoenbaar is met die strategiese doelstellings van Melk SA.

Die beraadgangers het bestaan uit kundiges uit feitlik alle navorsingsdissiplines en het binne elke navorsingsveld, onderwerpe geïdentifiseer wat die belangrikste geag word om die nodige impak op die suiwelbedryf te maak. Hierdie kennis is reeds onder die suiwelgemeenskap se aandag gebring.

Die LNR se rol

Aangesien die georganiseerde suiwelbedryf nou klarigheid het oor die belangrikste navorsingsonderwerpe, sal die Memorandum van Verstandhouding (of 'MoU') wat in 2008 met die Landbounavorsingsraad (LNR) geteken is, momentum moet kry. Die ooreenkoms behels onder andere dat navorsingskapasiteit by die LNR uitgebou sal word.

Die toedeling aan navorsing uit statutêre heffings wat deur Melk SA ingesamel en geadministreer word, is heeltemal te min om projekte te befonds. Melk SA het reeds 'n opname gemaak van instansies wat moontlik navorsingsprojekte kan befonds en het dit aan bedryfslui beskikbaar gestel.

Melk SA sal hierdie instansies raadpleeg om fondse te probeer ontsluit vir projekte wat in lyn is met die geprioritiseerde onderwerpe. Indien fondse ontsluit word, sal Melk SA strukture en prosesse daarstel om projekaansoeke te evalueer en projekte te administreer.

Navorsingsdatabasis

Melk SA het ook reeds baie goeie vordering gemaak om 'n databasis vir beskikbare internasionale en plaaslike navorsingswerk te bou wat tans vrylik op Melk SA se webwerf beskikbaar is. Die databasis sal eersdaags 'lewendig' wees, deurdat daar van soekwoorde gebruik gemaak kan word om byvoorbeeld bepaalde navorsingsonderwerpe maklik te kan naslaan.

'n Opname is in 2009 by navorsingsinstellings in terme van hulle kapasiteit en navorsingswerk gedoen en sal jaarliks herhaal word, sodat navorsers en ander bedryfsrolspelers op hoogte kan bly van die jongste verwikkelinge. Deur hierdie kennis te deel, behoort daar beter harmonisering van navorsingswerk te wees en behoort dit ook groter sinergie tussen projekte teweeg te bring. Nico Fouché, HUB van Melk SA, by projekleier, dr Heinz Meissner (regs). Melk SA gee graag erkenning aan dr Heinz Meissner wie as projekleier 'n groot rol gespeel het om hierdie uitsette moontlik te kon maak. DD

Sukses lê in

die syfers

Melk SA Raad

Mbisi (die Melk Besigheid Inligtingstelsel Ingelyf) is die organisasie wat die melkaantekeningstelsel in Suid-Afrika koördineer. Mbisi is saamgestel uit toepaslike rolspelers in die suiwelbedryf, naamlik die Landbounavorsingsraad, produsente, Taurus, die telersgenootskappe, die Departement van Landbou, die Registrateur van Veeverbetering, en laboratoria. 'n Direksie van vyf lede word saamgestel uit hierdie instansies. Die direksie stel dan 'n bestuurder aan wat die organisasie bestuur. Tans is die bestuurder Schalk Greyling van Taurus.

"Sedert Mbisi in 2001/2002 gestig is," sê Schalk, "het ons van 104 000 deelnemende diere gegroei tot 158 000 diere in 2009. In 2002 was daar slegs vier opkomende boere wat aan melkaantekeninge deelgeneem het - vandag is daar al 48!"

Bestuursverslae

Mbisi se grootste taak, verduidelik hy, is om bestuursverslae vir deelnemende boere saam te stel op grond van die data wat uit die melkmonsters versamel is. Die verslae behels aspekte soos uiergesondheid, voedingsaangeleenthede en vrugbaarheid. Daarmee saam word diere se teelwaardes ook bepaal.

"Wat nou nuut bykom, is dat Mbisi ook nou verslae vir melkverwerkers genereer. Ons gaan nou die kuddes binne streke en produksiestelsels groepeer, met die doel om vooruitwaarskuwings te kan rig op grond van probleme wat jaarliks in 'n spesifieke streek en produksiestelsel voorkom. Die doel is om hierdie verslae aan die plaaslike verwerker te verskaf, wat met sy produsente kan kommunikeer om hulle te waarsku om hulle rantsoene dienooreenkomstig aan te pas.

"Die verslag se ander doel is om seker te maak dat die gehalte van die melk wat geproduseer word, konstant hoog gehou word deur betyds individuele diere te identifiseer wat die melk se gehalte kan aftrek."

"As 'n verwerker dus namens sy boere vir melkaantekeninge betaal, moet hy in staat kan wees om betyds met sy boere te kan kommunikeer om spesifieke probleemdiere uit te wys wat die hele tenk se gehalte kan beïnvloed. Verder wys die verslae ook duidelik uit as melkmasjiene nie reg funksioneer nie, wat ook betyds aangespreek kan word."

Moderne melkmasjiene

Melk SA, sê Schalk, het onlangs 'n vergadering gereël met melkprodusente wat moderne melkmasjiene geïnstalleer het – dis nou melkmasjiene wat daagliks melk meet en spesifieke ontledings soos konduktiwiteit en temperatuur kan doen.

"Hierdie moderne melkmasjiene raak toenemend populêr, maar die probleem is dat die ontledings van hierdie masjiene nie deur ICAR (die International Committee of Animal Recording) aanvaar word nie. Daarteenoor word ons Suid-Afrikaanse data internasionaal as hoogs akkuraat beskou. Ons word ook elke jaar as sodanig geakkrediteer.

"Om hierdie uitdaging die hoof te bied, het Melk SA besluit om MBISI te versoek om die inligting van hierdie boere in 'n aparte databasis in die nasionale databasis te akkommodeer. Dit beteken dat die inligting beskikbaar is as ons sekere tendense wil bepaal en volg. Ons kan natuurlik ook vir hierdie boere verslae genereer as hulle dit sou verkies. Die voorwaarde is natuurlik dat hulle besef dat die instrumente wat hulle gebruik, nie internasionaal erken word nie."

Die langtermyn-strategie is dat Mbisi met die vervaardigers van die masjiene daaraan wil werk om die instrumente deur ICAR aanvaar te kry.

Insentief vir deelnemers

'n Belangrike ontwikkeling by Melk SA, sê Schalk, is dat daar besluit is om 'n insentief aan voornemende nuwe deelnemers aan die Melkaantekeningskema te bied, deur 'n groot persentasie van die nuwe kommersiële toetreders se fooie vir die eerste jaar te subsidieer. Wat opkomende boere met kuddes kleiner as 50 koeie betref, sal Melk SA die eerste jaar 100% van die rekening betaal, die tweede jaar 60% en die derde jaar 33%.

Ten einde beter en meer volledige aanbevelings aan deelnemers te kan maak, is daar onlangs begin met 'n aksie om die betrokke voermaatskappye en veeartse te betrek om die databasis só uit te brei, dat die spesifieke voerstelsel wat die deelnemer gebruik ook ingevoer kan word, tesame met die spesifieke aksies wat op die diere uitgevoer word.

"Ons wil byvoorbeeld die gewigsverlies van 'n koei, vandat sy kalf tot piek, opneem sodat ons meer direkte aanbevelings kan genereer."

Die doel, sê hy, is dat al hierdie verslae op die langtermyn sal ontwikkel in 'n volledige bestuurstelsel. Uiteindelik is dit die syfers wat praat en die waarheid vertel - iets wat opkomende en gevestigde boere beslis ter harte moet neem wanneer hulle wik en weeg of hulle aan melkaantekeninge wil deelneem. DD

Dairy digits

Milk podaction during March 2010 was 2,4% higher than in March 2009. Production during 2009 was 3,3% less than during 2008. Fewer dairy products where imported during 2008 (-3,3%). Exports decreased by 2,3% compared to 2008.

Item Period Value % change
Same period previous year
Milk production (mil liters) 20091 2 500 -3,3%
Milk production (mil liters) Mar 101 194 2,4%
Dairy imports ('000 ton) 20092 32,3 -3%
Dairy imports ('000 ton) Jan-Dec 093 32,3 -3%
Dairy exports ('000 ton) 20094 41,7 -2,3%

Source

  1. Milk SA returns
  2. SARS Statistics
  3. SARS Statistics

FIGURE 1: International dairy product prices,
2007-2010

International dairy product prices 2007 - 2010

Source: USDA price surveys, exchange rate SA Reserve Bank middle rates, last month - average of daily closing values

FIGURE 2: Milk production
2006 - 2010

Milk production 2008 - 2010

Source: Milk SA statistics